Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Sý mnr. Marais was nie mý Meneer

Charl Adams hou baie daarvan om briewe aan Die Burger (11.7) te skryf oor dinge waarvan hy weet, maar soms ook dinge waarvan hy totaal niks weet nie.

Sy meneer Marais was beslis nie my Meneer Marais nie – en ek skryf Meneer doelbewus met ’n “groot M”. Hy maak (Meneer) Louw Marais uit as ’n hartelose mens wat alles met ’n loesing wou regmaak.

As hy maar vir Meneer Marais geken het, sou hy nie die brief geskryf het nie. Louw Marais was, en is steeds, van die mees beskeie, beskaafde, opofferende en geliefde mense wat my pad gekruis het en vir my as leerling altyd ’n voorbeeld was van wat ’n goeie onderwyser behóórt te wees. (So ook wyle meneer Slabbert wat vir ons Engels en Geskiedenis gegee het).

Jammer, Annelie (Botes), ek glo nie jy het bedoel om my Meneer Marais by te kom nie.

Meer oor:  Annelie Botes  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.