Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Taalbeginsels in wind geslaan

“Afrikaans aan UV was dié ouers se enigste uitweg” (01.04) verwys.

“Die afskaffing van Afrikaans deur ons eie mense aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) is ’n groot terugslag vir al die Afrikaanssprekendes,” lui die brief.

’n Noodkreet van ’n stem roepende in die woestyn deur die briefskrywer, Brenda van Heidedal. Sy verwoord die beklemmende kommer van duisende Afrikaanssprekendes oor die land.

Ouers, studente en voornemende studente wat hul hoop op die logika van die besluitnemers gevestig het, dat Afrikaans as akademiese onderrigtaal by tersiêre instellings behoue sal bly, is in die rug gesteek en moet nou noodgedwonge ’n ander uitweg vind.

Afrikaanssprekende ouers sal dus in die toekoms toenemend hul kinders na Engelse skole stuur ter voorbereiding vir hul tersiêre studie.

Dis presies wat die ANC en sy meelopers in gedagte gehad het. So word die ANC se meesterplan deur sy gedienstige knegte tot uitvoering gebring om Afrikaans, soos die nege ander ampstale, slegs tot ’n huistaal te reduseer.

Dis nog net die Noordwes-Universiteit (NWU) waar Afrikaans ook tot ’n val gebring moet word, dan: “Sending suksesvol voltooi!”

Ten spyte daarvan dat 2011 se sensus wys dat Afrikaans naas Zoeloe en Xhosa die grootste aantal sprekers het en navorsing deur kundiges hier en internasionaal wat onomstootlik bewys dat moedertaalonderrig die sleutel tot die kind se kognitiewe ontwikkeling is, gaan die stoomrollerproses voort “deur ons eie mense” om Afrikaans by die voorheen tradisioneel Afrikaanse universiteite uit te faseer.

Dit laat die wenkbroue lig dat die “akademici” wat hulle beywer om Afrikaans as onderrigtaal by dié instellings met Engels te vervang, hulle nie aan hierdie navorsing óf statistieke steur nie. Juis die beginsels waarop ’n universiteit sy besluite behoort te neem, word in die wind geslaan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.