Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Talle jonges is ook teen kerkverandering

Die Bybel was eeue lank die enigste betroubare bron van kennis oor God en sy volmaakte wil vir Christene.

Maar helaas, soos Piet Theron in sy brief “Grappies, jolmusiek wis respek in kerk uit” (07.08) uitwys, het sommige geleerdes hulle die reg toegeëien om voor te gee dat hulle slimmer as God is. Sodoende reduseer hulle ons God van orde tot ’n blote handpop en glo dat hulle beter weet wat God eintlik moet gesê het – indien hulle enigsins in God glo.

Dankie Piet. Dis nie net ons ouer garde wat by die verouderde put hou nie, daar is talle jongmense wat geen erg het aan die rigting waarin die kerk beweeg nie. En sekerlik nog die Bybel lees soos daar geskrywe staan, glo soos daar geskrywe staan, doen soos daar geskrywe staan sodat hulle kan ontvang soos daar geskrywe staan.

Die Bybel is beslis die Woord van God en nie mensewoorde oor God, soos sommige van die wyses wil beweer nie. (2 Pet. 1:20, 21). In Luk. 8:18 vra die Here die vraag of die Seun van die mens by Sy koms nog geloof op aarde sal vind. Iets om oor te dink nè?

Meer oor:  My Stem  |  Kerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.