Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
TB bly steeds grootste moordenaar in SA

Sondag 24 Maart is Wêreld-­Tuberkulose-dag.

Robert Koch het 137 jaar gelede al, op 24 Maart 1882, die wêreld meegedeel dat Mycobacte­rium tuberculosis die oorsaak van tuberkulose (TB) is. Tog het die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) in 2017 10 miljoen nuwe gevalle gerapporteer, met ’n beraamde 1,6 miljoen sterftes.

Bykans een uit elke drie mense het onaktiewe TB-infeksie (latente TB) wat moontlik in die toekoms kan heraktiveer.

Alhoewel TB ’n geneesbare siekte is, bly dit steeds ons land se hoofoorsaak van sterftes.

Dit word deur die lug versprei en almal is dus vatbaar.

Die algemeenste vorm is pulmonêre TB wat die longe aantas.

TB kan egter ook in enige ander deel van die liggaam voorkom.

Middelweerstandige TB (MW-TB), waar die liggaam weerstandig is teen van die TB-medisyne, kan met eerste blootstelling opgedoen word sonder dat die lyer vantevore TB gehad het.

Vir baie jare moes pasiënte met MW-TB lang en intensiewe behandeling ontvang met ernstige newe-effekte, insluitend gehoorverlies en senuwee-, lewer- en/of nierskade.

In Junie verlede jaar het Suid-Afrika die eerste land ter wêreld geword wat Bedaquiline ingesluit het as plaasvervanger vir die inspuitbare middel wat onomkeerbare gehoorverlies in tot 50% van MW-TB-pasiënte veroorsaak.

Nie net het Bedaquiline beduidend minder newe-effekte nie, maar is die kans op genesing ook beter.

Vir die eerste keer hoef pa-siënte nie die moeilike besluit te neem of hulle hul gehoor wil verloor of deur die dood in die gesig gestaar word nie.

Hierdie Wêreld-TB-dag gedenk ons nie net die mense wie se lewe geraak is deur TB nie, maar ook ons gesondheidsminister, dr. Aaron Motsoaledi en sy span vir hul baanbrekerwerk in TB-behandeling.

Mense kan www.tbproof.org besoek vir meer inligting.

Meer oor:  My Stem  |  Tb
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.