Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
TB hoofoorsaak van SA sterftes

Robert Koch het al op 24 Maart 1882, presies 136 jaar gelede, die wêreld meegedeel dat Mycobacterium tuberculosis die oorsaak van tuberkulose (TB) is.

Tog het die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) in 2015 steeds 10,7 miljoen nuwe gevalle gerapporteer wat tot die dood van 1,4 miljoen mense gelei het.

Daar word ook geraam dat een uit elke drie individue onaktiewe TB (latente TB) onder lede het.

In Suid-Afrika is TB die afgelope sewe jaar die hoof­oorsaak van alle sterftes.

TB word deur die lug versprei en tas meestal ’n persoon se longe aan, maar kan in enige deel van die liggaam voorkom.

Behandeling duur gewoonlik ses maande met baie guns­tige gevolge.

Middelweerstandige tuberkulose (MW-TB) bemoeilik die behandeling van pasiënte omdat meer intensiewe middels met ernstige newe-effekte soos gehoorverlies, senuwee-, lewer- en/of nierskade vir ’n langer tydperk gebruik moet word.

MW-TB kan primêr (met eerste blootstelling) opgedoen word sonder dat iemand voorheen al TB gehad het.

Bedakilien en delamanied is twee nuwe middels wat onlangs deur die WGO aangewys is as moontlike plaas­vervangers vir ou medikasies wat onomkeerbare gehoor­verlies in tot 50% van MW-TB-pasiënte veroorsaak.

Die nuwe middels kan gebruik word met beduidend minder newe-effekte en ’n beter kans op genesing.

Tog het slegs 0,3 % van MW-TB-pasiënte in die afgelope sewe jaar toegang tot hierdie nuwe medikasies gekry!

Die #MyPatientsPledge- veldtog doen ’n beroep op almal wat betrokke is by die behandeling van pasiënte met MW-TB om pasiënte ’n regverdige kans te gee om ingeligte keuses oor hul behandeling te maak.

Meer oor:  Gesondheid  |  Lesersbrief  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.