Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Tekort aan klaskamers ’n skande

Aan die begin van die skooljaar in 2019 was daar ook duisende kinders wat nie plek in skole gehad het nie. In Die Burger is destyds berig dat 5 700 leerlinge in Februarie 2019 nie plek gekry het nie.

Debbie Schäfer, Wes-Kaapse LUR vir onderwys, het gesê dat 15 skole gebou sal moet word om die leerlinge te akkommodeer en 480 onderwysers sal aangestel moet word.

Vanjaar was die toestand soortgelyk en duisende leerlinge het teen skoolopening nie plek gehad nie, en duisende was reeds soos sardientjies in oorvol skole ingeprop.

Hoe lank gaan dié toedrag van sake voortduur?

Daar moes reeds jare gelede beplan en voorsiening gemaak gewees het vir die toename in leerlinge oral in die land, veral in stedelike gebiede. Niks is egter gedoen nie en mense soos Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, maak nou politiek van die tragedie.

Dit is ’n skande en ’n aanklag teen die regering, want goeie onderwys is kinders se reg. Gaan die trauma weer volgende jaar herhaal word?

Meer oor:  Debbie Schäfer  |  Lesersbrief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.