Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Tenders vereis rasionele proses

Pieter Raath, Bela-Bela, skryf:

As siviele ingenieur het ek in die laat 1990’s vir die Waterberg-distriksmunisipaliteit projekbestuur gedoen op hul infrastruktuurprojekte.

Ons het tenders geëvalueer volgens ’n vasgestelde formule waar swart ekonomiese bemagtiging (SEB) in ag geneem is deur ondernemings met ’n meerderheid van swart aandeelhouers te bevoordeel met ’n toeslag van 10% op hul prys en vroue en gestremdes met ’n verdere 5%. Ander faktore soos kundigheid en finansiële stabiliteit is ook in aanmerking geneem, maar prys het ’n belangrike rol gespeel.

Tenders is Vrydae oopgemaak en almal was welkom om die geleentheid by te woon en die pryse van alle tenderaars is uitgelees. Punte is aan elke tender toegeken en die tender met die hoogste punte is by die tenderkomitee aanbeveel vir aanstelling. Toe hierdie objektiewe en regverdige proses laat vaar en tenderpryse geheim gehou is, was die weg oop vir korrupsie.

As die regering ernstig is om korrupsie hok te slaan, is die eerste logiese stap om terug te keer na ’n rasionele proses soos wat destyds gevolg is.

Meer oor:  Lesersbrief  |  Tenders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.