Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Tito moet GEPF kom red

Eskom is in die moeilikheid, nee, eintlik is Eskom totaal en al bankrot. Hoe die kragverskaffer in die gemors beland het, is lankal nie meer die vraag nie, die vraag is hoe om hom uit die moeras te kry.

Dit is natuurlik onmoontlik, behalwe as Eskom geprivatiseer word, dog ons regering, gemuilband deur die vakbonde, sal nooit privatisering oorweeg nie. Die R400 miljard wat Eskom in die rooi is, kan ook nie deur die regering as reddingsboei bekostig word nie. Daar is net nie meer sulke geld in die staatskas nie.

Al die ander staatsinstellings is in presies dieselfde bootjie, net die bedrae van die skuldlas verskil. Denel, SAL, SAUK, Landbank en ander is bankrot. Die voorsitter van die Openbare Beleggingskorporasie, Reuel Khoza, het pas aangekondig dat die OBK gaan poog om tot Eskom se redding te kom. Die OBK het die mandaat om staatsinstellings se bates te belê op ’n manier waarby sodanige instellings se beleggings kan groei.

Só is die Staatsdienspensioenfonds (GEPF), die enigste likiede staatsinstelling, se geld deur die OBK “belê” op ’n manier wat vir die GEPF groot verliese tot gevolg gehad het. Dink maar aan beleggings van GEPF-bates in Steinhoff, Edcon, VBS Mutual, asook verdagte plaasaankope teen honderdmaal die waarde van die grond. Cosatu het voorheen met die “briljante” voorstel vorendag gekom dat ons pensioenfonds vir Eskom en die SAL moet red. Is dit die rigting waarin Khoza ook dink?

As die GEPF se geld gebruik gaan word om Eskom te probeer red, gaan die GEPF die laaste staatsinstelling wees wat sneuwel. Die 450 000 lede van die GEPF gaan dan die pad van die Spoorwegpensioentrekkers loop. Die enigste een wat hierdie ramp kan verhoed, is ons minister van finansies, Tito Mboweni. Sal hy soos die Boere se De la Rey ons pensioenfonds op die regte pad kan hou? Ek bid daarvoor.

Meer oor:  Gepf  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.