Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Toe Blouwillem voor bak fudge swig

Dit moet oorvertel word, al het ek dit tweedehands verneem.

Blouwillem se lus vir melktert (Beeld, 4 Maart) het ’n voorgeskiedenis. So 25 tot 30 jaar gelede was ons saam met die Therons in ’n babawagterklub in Murrayfield. Alles het klopdisselboom verloop. ’n Heerlike vereiste was dat die gasvrou eet- en drinkgoed op ’n skinkbord gereed moet hê. Die melk is in die yskas.

Die betrokke aand by Hein en Carina was daar vir oppasser Willem beskuit op ’n bordjie. Toe kom die moeilikheid. Toe hy die yskas oopmaak vir die melk, staar ’n hele bak fudge die arme man in die gesig. Één blokkie het ontbreek, want baasbakster Carina het geproe net voordat hulle gery het.

Carina sal nie agterkom as een blokkie weg is nie. Toe nog een. En nog ene. En nog enetjie, totdat blykbaar net één blokkie oorgebly het.

Maar wie kan nou vir Blouwillem kwaad bly?

Meer oor:  Blouwillem  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.