Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Toekoms van die Goudveld lyk donker

Buiten vir beurtkrag, loop gemoedere in die Goudveld oor gebrekkige munisipale dienslewering hoog. Vir weke is ons vullissakke nog nie opgelaai nie. Wurms peul by die sakke uit en die rotte baljaar.

Ek bly al 69 jaar in die Goudveld. Dit het nooit so sleg met ons gegaan nie.

Is dit nie ’n groot gesondheidsrisiko nie? Waar is ons minister van gesondheid? Is daar gesondheidsinspekteurs by munisipaliteite of sit hulle tuis en ontvang net elke maand ’n groot salaris?

Dié vraag het ek al telkens gevra van ons eie munisipaliteit, Matjhabeng, maar niemand kan my antwoord nie. Ek het Nkosinjani Speelman, burgemeester, en Sisi Ntombela, Vrystaatse premier, al gekontak vir ’n afspraak sodat ek die vraag kan stel en selfs raad kan gee om die gevaarlike probleme die hok te slaan. Ongelukkig is hulle nie vir inwoners beskikbaar nie.

Matjhabeng is ’n berugte voorloper onder die bankrot munisipaliteite. Daar is nooit geld vir die onderhoud van baie belangrike en noodsaaklike dienste nie. Miljarde liters water gaan verlore weens gebreekte pype. Dit word gerapporteer, maar net mooi niks word gedoen nie.

Die reuk van onverwerkte riool hang in die lug en besoedel kindertjies se longe. Hulle speel in die water in die veld langs die pad van Welkom na Virginia.

Dit is al jare ’n probleem. Beeste, bokke en verwaarloosde honde drink van die water en ek vrees die uitbreek van ’n helse epidemie. Ons staatshospitale is in ’n gemors. Die Goudveld het drie staatshospitale wat onder peil is. Daar is ’n tekort aan personeel, dokters, spesialiste en mediese voorrade.

Die toekoms van die Goudveld lyk donker. Ek vertrou die klagtes sal die regte ore bereik en dat iets daaraan gedoen word.

Ek bly al 69 jaar in die Goudveld. Dit het nooit so sleg met ons gegaan nie. Ek is lief vir die Goudvelders, my dorp en my taal. Ongelukkig kan ek nie meer die Goudveld goedpraat nie. Ons nooi nie eens meer familie of oorsese vriende nie.

Meer oor:  Goudveld  |  Mystem  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.