Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Toekoms vir bruin en swart lyk nou donker

Hoe lyk die nuwe Suid-Afrika waarna miljoene swart en bruin mense gehunker en van gedroom het nou? Hulle moes tog ’n voorstelling gehad het van ’n land sonder die beperkinge wat hul vryheid en geleenthede ingekort het.

’n Land met ander beroepe as handearbeiders. Met luukse motors en vakansies by die see, soos wat die res van die land gehad het. Dié wonderlike dinge het toe nie vir die meerderheid ge­realiseer nie. Die politieke leiers het wonderlike beloftes gemaak van wat die kiesers sou kry as hulle net vir die ANC sou stem. Ongelukkig was hulle toe glad nie in staat om hul beloftes gestand te doen nie en het net hulself verryk met korrupte praktyke en bedrog.

Nou, ná twee dekades, is daar miljoene gefrustreerde werkloses wat in armoede lewe. Hulle is woedend, want niks het vir hulle verander nie.

Gewelddadige protesoptogte vind gereeld plaas en die eens rooskleurige toekoms lyk nou donker.

Meer oor:  My Stem  |  Protes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.