Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Tone krul oor slim woordspelings

Ek beaam graag kopknikkend en met groot lekkerte Helena Goosen van Pretoria se opmerkings in haar brief “Slim woordspelings boei leser” (26.06), waarin sy die lof van subredakteurs besing.

Ek is dit met haar eens: Die koppe (opskrifte) van die berigte en artikels in Beeld is inderdaad kreatief en vindingryk.

Prof. Gerhard van Huyssteen

Die “gewikste” taalkenner prof. Gerhard van Huyssteen is reg: Die subredakteurs, wat snags onder groot druk oopkop en flink vir al die berigte en artikels se koppe sorg, is seker die redaksielede met die meeste invloed op die koerantleser omdat hulle met slim woordkeuses en woordspelings onmiddellik die aandag trek en die leser deurentyd van die een nuusberig na die volgende een boei.

Voorbeelde van vernuftige koppe wat ek die laaste tyd net ten opsigte van sportberigte aangeteken het, is: “Blaaskans vir Marx gee raas-kans vir groentjies” (rugby); “Afgani­stan: buiteperd met skop” (krieket), en “Pakistan: van lam stêre tot supersterre?” (krieket).

Ander juwele is: “Sunwolves dalk nie vir wolwe gegooi” (rugby) en “Rory rol die Knights” (krieket).

Daar is nog baie sulke heerlikhede.

Beeld sluit ook aan by ’n lang tradisie van taalskeppers in die koerantwese wanneer telkens met nuwe woorde vorendag gekom word.

Die briljante “Morelexit”, wat Goosen in haar brief noem, asook “springmieliefeite” (flieks) is net ’n paar.

Lees gerus die kreatiewe en vernuftige taalgebruik deur die verslaggewers van Motors en meer. Dit is tonekrullekkerkry!

Meer oor:  Gerhard Van Huyssteen  |  Briewe  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.