Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Tot dán sal Afrika ’n bedelaar bly

Ek verstaan dat ons president nou weer die Westerse wêreld beskuldig van “inentings-apartheid” omdat hulle eers vir hul eie mense se inentings voorsiening wil maak.

Die probleem is wel nie die Westerse regerings of farmaseutiese maatskappye nie, maar Afrika-leiers wat nie beplan nie en daarom altyd bakhand moet staan by die Weste om hulp – hetsy kos of medisyne of inentings.

Die kundigheid bestaan in Afrika, maar leiers oor Afrika heen versaak eerder die belange van hul inwoners en besteel hul land rot en kaal.

Wanneer gaan die tyd aanbreek dat Afrika-leiers verantwoordelikheid aanvaar vir hul eie lande en mense se heil en voortbestaan? Jy kan nie vir ewig bedelaars wees en ander mense beskuldig nie.

Ons weet dat verandering nie by die stembus sal plaasvind nie – Afrika het dit al oor en oor bewys. Jy soek opgeleide, kundige mense wat weet hoe om te beplan en oorleef in die moderne wêreld. Totdat Afrika daardie leiers kry, sal hy ’n bedelaar bly.

Meer oor:  Afrika  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.