Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Tree op teen betogings op paaie

’n Verskynsel wat reeds veels te lank geduld word, is die blokkering van openbare paaie deur betogers, dikwels gepaardgaande met klipgooiery na voertuie.

Daar is hoegenaamd geen regverdiging vir sulke skurkagtige gedrag nie, ongeag of griewe geregverdig is of nie. Nie alleen is dit misdadig nie, maar dit doen geweldige skade aan ons brose ekonomie en verontrief talle mense, soms vir dae aaneen.

Al wat die polisie doen, is om die situasie te “monitor” en die verkeersowerheid kondig aan dat die pad gesluit is en dat motoriste “alternatiewe roetes” moet soek, indien enige.

Dit is totaal onaanvaarbaar. ’n Doeltreffende owerheid sal die betogers onmiddellik van die pad verwyder, indien nodig met gepaste geweld – en daardie betogers dan in hegtenis neem.

Hoe langer sulke situasies geduld word – en dis nou al baie jare die geval – des te meer sal dit deur betogers uitgebuit word, want dis ’n doeltreffende manier om aandag te kry.

Meer oor:  Betogings  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.