Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Tronkstraf is nie meer afskrikmiddel

Om ’n ernstige misdaad te pleeg kan na my mening tog lonend wees. Sou ’n persoon tronkstraf uitdien weens byvoorbeeld bedrog en korrupsie en ’n fraksie van die vonnis uitdien, kan so ’n persoon ná ontslag in weelde leef.

Dit na aanleiding van die berig oor oudkol. Christiaan Prinsloo (21.10), waar dit blyk dat hy dalk baie vroeër vrygelaat is as wat normaal die geval sou wees.

Die feit dat hy verantwoordelik is vir die verkoop en verspreiding van duisende vuurwapens aan bendes op die Kaapse Vlakte, maak hom wat my betref aandadig aan elke moord wat met daardie wapens gepleeg is.

Watter skande. Tronkstraf kan lankal nie meer as afskrikmiddel en rehabilitasie gesien word nie.

Nog meer kommerwekkend is dat nog nie eens 100 van daardie wapens gekonfiskeer is nie, selfs nadat daar reeds honderde moorde daarmee gepleeg is. Dit is regstreeks weens sy optrede dat soveel moorde reeds gepleeg is. Hy behoort na my mening, as dit bewys kan word, van elkeen van hierdie moorde aangekla te word. As hy reeds vrygelaat is, soos wat vermoed word, is dit meer as net ’n klap in die gesig van al die families wat iemand in ’n bendeskietery verloor het.

Menselewens is niks werd op die Kaapse Vlakte nie en die verskaffer van die wapens waarmee baie mense gedood is, loop glo vry rond nadat hy net ’n fraksie van sy vonnis uitgedien het.

Watter skande. Tronkstraf kan lankal nie meer as afskrikmiddel en rehabilitasie gesien word nie. Ek dink die owerheid moet sy beleid oor tronkstraf hersien – en baie gou ook.

Meer oor:  Mystem  |  Briewe  |  Tronkstraf  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.