Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Trump allermins ’n vars briesie in Amerika

Kameeldoring van Danabaai (19.08) reken dat Donald Trump ’n vars briesie is. Ek self ruik egter onraad, of dalk selfs iets anders.

Slaan gerus die definisie van ’n so­siopaat na. Dit pas Trump soos ’n handskoen. Wat hy ook al reg of verkeerd doen – dit is net vir sy eie ego. Etiek of moraliteit speel geen rol nie.

Trump het nie die Amerikaanse ekonomie reggeruk nie. Barack Obama het. Kyk gerus na Amerika se grafiek van sy bruto binnelandse produk oor die laaste tien jaar. Trump het geen versnelling in die ekonomiese groei meegebring nie. Die grafiek het sedert sy toetrede bloot dieselfde koers bly handhaaf. Werkloosheid? Obama het in sy laaste 30 maande meer werkgeleenthede geskep as Trump in sy eerste 30 maande.

Trump ondergrawe stadig maar seker Amerika se aansien. Dis ’n kêrel wat al tydens hul presidentsverkiesing gesê het hy steun “waterboarding” (martelingstegniek). As sulks begrawe hy Amerika se aansien in die wêreld. ’n Vars briesie? Ek ruik iets anders.

Meer oor:  Donald Trump  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.