Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Trump is opreg, aangenaam en ingelig

Prof. Amanda Gouws noem pres. Donald Trump ’n “gek” in haar artikel van 28 Julie.

Vir my as beskaafde leser lyk dit verdag om só van ’n medemens te praat. Dit getuig van swak smaak en haar woorde wat sy in haar tweede laaste paragraaf gebruik om Trump (en meer as die helfte van die Amerikaners) te beskryf as “oningelig, voortvarend met mindere kwalifikasies”, is beslis nie die woorde wat mens van ’n professor sou verwag nie.

Verder dink ek as jy dié terme wil gebruik, behoort jy self min of meer soveel, of meer, te bereik het as die persoon of persone wat jy aanval. Miskien het sy meer kwalifikasies as hy, maar Trump het ’n ontsaglike sakeryk opgebou en is beslis nie ’n gek nie. Die mense wat hom ken, getuig daarvan dat hy opreg, aangenaam en ingelig is – en regtig, is al die Republikeine, oningelig, voortvarend, met mindere kwalifikasies?

Laastens spreek die Bybel ’n helse oordeel uit oor iemand (letterlik) wat ’n ander ’n gek noem (Matt. 5:22).

Bewaar ons asseblief van professore wat die Amerikaners veroordeel, beskaafde stelsels op ’n onbeskaafde manier aanval sonder om ’n alternatief wat goed deurdink is daar te stel, en les bes geen ware insig het oor die persone wat hulle swartsmeer nie.

Meer oor:  Donald Trump  |  Calitzdorp  |  Mystem  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.