Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Trump is waarlik ’n vars briesie

Orakel van Overberg is nóg ’n skrywer wat trompetter wat CNN en The New York Times op een­sydige wyse die wêreld wil wysmaak. Self was ek geen Trump-ondersteuner nie, maar dat die man hard probeer om te lewer wat hy belowe het, is duidelik. Werklik ’n vars bries tussen verstokte politici.

Nie net is die Amerikaanse ekonomie in ’n opwaartse kurwe nie, maar hy werk hard om die toevloei van onwettige immigrante te keer.

Dan skop hy sy kritici in die tande deur sy vele pogings om met Noord-Korea, die Russe, en so meer te onderhandel en Amerika aan sinlose oorloë te onttrek.

Sy motto van “Amerika eerste” maak hom ongelukkig ongewild, veral in Europa, wat maar graag op Amerika se rug ry.

Dit is belangrik dat lesers en kykers fyn kennis neem van eensydige berigte.

Meer oor:  Donald Trump  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.