Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Trump maak wêreld onveilige plek

Donald Trump maak die wêreld ’n onveilige plek:

  • Noord-Korea: Hy het die wêreld op die rand van ’n oorlog gehad met ’n dobbelspel. Geen oplossing.
  • Midde-Ooste: Hy het onttrek aan die Iran-ooreenkoms (wat ’n Obama-suksesstorie was) en die wêreld tot op die rand van ’n oorlog gebring. Geen oplossing.
  • Klimaatsverandering: Hy het onttrek aan die Parys-ooreenkoms en ontken wetenskaplike feite heeltemal.
  • Hy het Amerika en die wêreld verdeel soos nooit tevore nie.
  • Hy kritiseer bondgenote en prys diktators.
  • Hy het ander lande genooi om by Amerika se verkiesings van 2016 en 2020 in te meng.
  • Hy is slegs die derde president wat in ’n staat van beskuldiging geplaas word, en sy verhoor in die senaat is hangende.
  • Hy en sy volgelinge maak ’n bespotting van godsdiens deur hom as “uitverkorene” en “gesalfde” te beskryf.
  • Hy het beloof om nie Amerikaanse skuld te verhoog nie. Dit het nou rekordhoogtes bereik.
  • Hy het beloof om Amerikaanse troepe aan die Midde-Ooste te onttrek. Troepe stroom nou weer daarheen en hy dreig met oorlog.
  • Hy het manalleen Amerika se aansien in die wêreld afgetakel. Wêreldleiers lag vir hom.
  • Leuens en fopnuus kenmerk sy administrasie – ’n alternatiewe realiteit is geskep.
  • Hy bestuur ’n supermoondheid soos wat hy sy dobbelhuise en realiteitsprogram op TV bestuur het.
Meer oor:  Donald Trump  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.