Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Trump se bestuurstyl ‘die probleem’

Na aan leiding van Amanda Gouws se verwysing na pres. Donald Trump as ’n despoot (08.10) net die volgende:

’n Despoot in die politiek is ’n “verdrukkende alleenheerser”, wat hy gewis nie is nie. Trump kry sy inligting en advies van die lede van sy party en binnekring. Sy grootse probleem is sy eiesoortige bestuurstyl.

Met die sogenaamde Oekraïne- skandaal in volle swang, wat terloops sy oorsprong in 2015 het nog voordat Trump homself as presidentskandidaat beskikbaar gestel het, is die Demokrate soos ’n trop keffende brakke om sy hakke. Hul bydrae tot die Amerikaanse en die wêreldpolitiek is niks as gevolg hiervan nie.

Trump het verlede week ’n reuse-handelsooreenkoms met Japan gesluit wat verreikende voordele vir Amerika en Japan, asook die wêreldekonomie inhou. Dit het, soos Trump ten tyde van die ondertekening van die verdrag opgemerk het, geen noemenswaardige melding in die Amerikaans media gekry nie. Die uitgangspunt is om Trump by te kom.

Miskien het hy sy hand oorspeel deur sy opposisiekandidaat se naam te noem in sy versoek om die bedrog en korrupsie in Oekraïne te ondersoek. Amerika se finansiële en militêre bydrae tot Oekraïne is elke jaar miljarde dollar. Wat ook al die uitkoms van die ondersoek, sal hy hier ook ’n positiewe nalatenskap lewer in die uiters belangrike deel van die wêreld.

Meer oor:  Donald Trump  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.