Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Trustees boesem nie vertroue in nie

Adamus Stemmet (09.11) verwys na die miljarde rande wat onoordeelkundig belê is en waaroor die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) en die trustees van die staatsdienspensioenfonds (GEPF) net swyg.

Ek stem jare lank nie meer vir enige trustees van die pensioen- of mediese fonds (Gems) nie, want die trustees se geld is lankal landuit en die pensioen wat hulle hier kry, is maar net kleingeld. Ek het nog nooit gehoor dat enige van hulle piep oor al die berigte oor korrupsie nie.

Net so gaan dit met Gems, wat opnames hou en dan aan hul kliënte vertel dat almal so tevrede is, maar elke tweede dokter wil nie met hulle onderhandel nie en almal kla oor die slegte diens.

Jy betaal die helfte van jou pensioen aan ’n premie, en dan moet jy nog oral bybetaal.

By Gems word alles uit jou dag-tot-dag-spaarrekening betaal totdat dit gedaan is, en daarvandaan moet jy maar sien kom klaar.

Jou voorgeskrewe minimum voordele word net geïgnoreer – dis net goed vir generiese medikasie.

Ek weet regtig nie waarvoor daar elke jaar trustees benoem word nie, want jy kan nie eens by hulle ’n klag aanhangig maak nie. Elke jaar word die premies duurder, maar die voordele minder.

Meer oor:  My Stem  |  Obk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.