Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Tshwane verdien lof vir vinnige herstel van krag

Dis Dinsdagmiddag 15:55. My rekenaarskerm word skielik donker.

Kragonderbreking! Wat kan die probleem wees? Beurtkrag, kabels wat nuwe eienaars kry of die kragboks wat ingee? Geeneen daarvan nie. Slegs my woning en dié van my buurman se krag is af. Roetinetoetse word gedoen – alles klop, maar geen krag. Wat nou gedoen?

Kragdrade

Hier is die goue veertjie – ek besluit om maar die probleem aan te meld en 19:22 SMS ek “power” na die Tshwane-metroraad se selfoonnommer met my rekeningnommer.

Binne vyf sekondes ontvang ek ’n verwysingsnommer en 19:42 ’n persoonlike oproep van Wendy by die Tshwane-metroraad.

Sy verneem na my probleem en ek lig haar in. Wendy verseker my dat hulle hul bes gaan doen om die probleem so gou moontlik op te los, hoewel hulle baie besig is.

Dis 23:02. Die metroraad se werkspan daag op en los die probleem op.

Bye het nes gemaak in die verspreiderboks bo-op die paal in die straat wat ’n kortsluiting veroorsaak het.

Woensdagoggend ontvang ek ’n oproep van Josinah van die Tshwane-metroraad om te verneem of my probleem met die krag opgelos is.

Wat kan ek sê?

’n Kompliment is ’n kompliment en daar is nie klein of groot komplimente nie, maar hierdie een wil ek graag aan die groot klok hang: Dankie, Tshwane-metroraad, ek is waarlik beïndruk met jou diens. Hou so aan!

Meer oor:  Mystem  |  Briewe  |  Elektrisiteiit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.