Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Tweetalige beleid sorg vir pret

Ek het, as oudlugmagvlieënier, Gerhard van Huyssteen se rubriek (18.02) oor die tweetalige lugruim van destyds baie geniet.

Die hele SA Weermag, dit wil sê die leër, lugmag, vloot, sowel as die geneeskundige diens, het ’n tweetalige beleid gehad. Dit het gegeld vir sowel alle militêre parades as amptelik geskrewe kommunikasie.

Hierdie tweetaligheid was vir ’n volle kalendermaand en het nie weekliks verander nie. Destyds was daar nie e-pos en faksmasjiene gewees nie en selfs die seine wat per teleks (teledrukker) uitgestuur is, moes aan hierdie tweetalige beleid voldoen.

Dit het my laat terugdink wat ’n goeie vriend van my, reeds etlike jare oorlede, ervaar het tydens sy vliegopleiding op Langebaan. Net ter agtergrond. Wanneer vir uitry-instruksies (taxi instructions) van die beheertoring gevra is, moes gespesifiseer word of die lugdruk (QNH) in duim of millibar gegee moes word omdat nie al die hoogte­meters in die metrieke stelsel gekalibreer was nie. Hierdie lugdruk is dan op die hoogtemeter ingestel, wat verseker het dat alle vliegtuie se hoogtemeters op daardie vliegveld dieselfde hoogtelesing vir die vlieëniers sou aandui.

Hy het sy vliegopleiding juis in ’n Afrikaanse maand ontvang. Teen die tyd dat hy solo gegaan het, was dit toe in ’n Engelse maand. Hy was ’n plaasseun en het destyds met ’n Afrikaanse aksent Engels net vir eie gebruik gepraat. ’n Hele rits prosedures moes gedoen word alvorens daar gevlieg word. Nadat al die inspeksies en gebooie (checks and vital actions) voltooi is, vra hy die beheertoring toe vir sy uitry-instruksies. “Langebaan Impala xxx, your taxi instruct­ions for one hour general flying and your QNH in thumbs.”

Dit het hom op daardie oomblik met al die stres ontgaan dat dit eintlik inches moes gewees het!

Meer oor:  Lesersbrief  |  Taal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.