Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Twis: Rusland of VSA?

Op Sondag 9 Mei het Rusland sy jaarlikse viering van die oorwinning oor Nazi-Duitsland gehad.

In Beeld was daar ’n foto van ’n persoon by ’n herinneringsmuur in Tomsk, Rusland. Die groot gebeurlikheid het egter, soos jaarliks, op die Rooi Plein in Moskou plaasgevind.

Dit was ’n aanskoulike geleentheid wat by ons op die Russiese TV-kanaal 407 gesien kon word: ’n ware magsvertoon met ’n kleurryke parade van 12 000 soldate, verbyvlugte en ’n verskeidenheid wapens soos tenks en vuurpyle. Poetin het die saluut geneem en die volk toegespreek.

Aan die Westerse magte se kant het die Duitse bevelvoerders op 8 Mei 1945 hul oorgawe onderteken. Rusland, wat Berlyn ingeneem het, was nie hiermee tevrede nie en het daarop aangedring dat dit op 9 Mei in Berlyn herhaal word.

Onderliggend hieraan was Rusland se oortuiging dat hy die grootste bydrae tot die oorwinning gelewer het. Hulle is steeds ontevrede dat dit nie erken word nie en dit bly ’n besprekingspunt.

Rusland het die grootste lewensverlies tydens die oorlog gehad: 16 miljoen burgerlikes en 8 miljoen militêre personeellede. Hulle maak ook daarop aanspraak dat hulle vir 76% van die Duitse gesneuweldes verantwoordelik was.

Die VSA en Brittanje het weer gemeen weens hul groter verspreiding oor die wêreldtoneel moes die eer een van hulle toekom.

Rusland se groot lewensverlies word gedeeltelik toegeskryf aan die roekelose wyse waarop hul magte aangewend is, soos om ongewapende soldate teen Duitse tenks uit te stuur.

Dit wil tog voorkom of die grootste bydrae deur die VSA gelewer is. Nie net was hulle terselfdertyd betrokke by ’n oorlog teen Japan nie, maar het vir Brittanje en Rusland mildelik van miljarde dollars se wapentuig, ammunisie, kos, klere en meer voorsien. Daarsonder sou Brittanje en Rusland moeilik die mas opgekom het.

Meer oor:  My Stem  |  Vsa  |  Rusland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.