Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Tyd dat SA sy naam verander?

Die onlangse plundering en verwoesting vul my met absolute weersin en walging, om dit baie sagkens te stel.

Eers het dit glo daaroor gegaan dat Jacob Zuma moes tronk toe. As elkeen wat voel dat dinge nie volgens sy/haar wense is nie met soortgelyke optrede sou begin, sal die aarde woes en leeg wees.

Die volgende hoor ons weer dit gaan oor hongerte. Wanneer het soveel mense dan saam besluit hulle is nou honger? Van wanneer af buit honger mense platskerm-TV-stelle, yskaste en al wat ’n luuksheid is en ry dit dan boonop met netjiese dubbelkajuitbakkies weg? Verder het ek ook op TV geen swak geklede of uitgeteerde plunderaar gesien nie. Die ironie is dat die armste van die armste mense nie sulke dinge doen nie.

Hoeveel miljarde rande se skade is nie nou weer aangerig nie? Buiten boosheid, wreedheid en onmenslikheid, is dit seer sekerlik die hoogste vorm van barbaarsheid. Ek dink dit is hoog tyd dat Suid-Afrika se naam verander: Wat van Vat, Gee, Kry?

Meer oor:  Jacob Zuma  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.