Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Tyd om alle vergrype uit te wys

Soos te verwagte, spring die konserwatiewe juigbrigade op en af in hul afkeer van Anton van Niekerk se deeglik uiteengesette redenasies.

Nou weer word hy verguis oor sy standpunt oor die FAK se Penkop-monument en sy geldige vraag: “Waar is die swart kinders?”

Wat hierdie beswaardes nie wil besef nie, is dat die meeste Afrikaners steeds dink aan “eie sake”.

Of dit nou gaan oor grondsake, plaasmoorde of kultuurorganisasies soos die FAK. Ek raai diegene aan om te gaan kyk hoe die ATKV sy organisasie heromskryf het en nou inklusief is.

Leopold Scholtz is voor in die koor om die professor te beskuldig van kwansuis te “emosioneel wees”.

Maar natuurlik is dit ’n emosionele saak!

Partisie en die ontkenning van die regte van die meerderheid het ons almal in die land al ontsaglike skade berokken.

Dis hoog tyd dat alle vergrype uitgewys en verdoem word.

Meer oor:  Anton Van Niekerk  |  Century City  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.