Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Tyd om CR na Beyerskloof te nooi

As ek reg onthou, het van die land se voorste wynmense pres. Cyril Ramaphosa in April verlede jaar genooi om hulle op die wynplaas Beyerskloof by Stellenbosch toe te spreek.

En as my geheue my nie in die steek laat nie, het een van die land se bekendste wynmakers by dié drie uur lange geleentheid gesê die president is ’n gesalfde wat deur die Here aangewys is om die land te lei. Net soos Dawid in die Bybel gaan die president baie pragtige psalms skryf, het hy verder gesê, en bygevoeg hy gaan in die komende verkiesing vir die ANC stem.

Dalk is dit tyd vir ’n opvolgvergadering. Almal wat op daardie vergadering was, kan die gesalfde nooi om hulle te kom moed inpraat oor die ellende wat nou in die Kaapse wynland heers.

Meer oor:  Lesersbrief  |  Cyril Ramaphosa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.