Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Tyd om verby verwyte te groei

Die artikel van prof. Anton van Niekerk “Word hulle ook onthou ?" (25.06) verwys. 

Hy is vreeslik gegrief dat die FAK onlangs 'n Penkop-monument opgerig het ter herinnering aan 22 000 wit kinders wat in die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) gesterf het sonder vermelding van kinders wat onder apartheid gely het. Hy ontken nie die ysere harde werk wat ABO-oorlewendes bo uitgebring het nie, hul tragiese verlede ten spyt. 

In ons land is vrye assosiasie en kulture gewaarborg. Daar is geen rede op aarde waarom die FAK verkeerd is om die oorledenes van die ABO te herdenk nie. Ook geen rede waarom die herdenking 'n onderskrif moes bylas en na apartheid verwys wat 46 jaar ná die ABO formeel gestalte gekry het nie. 

Van Niekerk se standpunt is dat prestasies van die Afrikaner nie geëer kan word nie sonder om dit te kwalifiseer met verwysing na apartheid. Dit is niks anders nie as erg verdelende joernalistiek. Ons moet verby die verwyte groei. Hy moet by sy vakgebied, etiek hou. Skoenmaker,hou jou by jou lees.

Meer oor:  Anton Van Niekerk  |  Johan Wepener  |  Durbanville  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.