Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Tyd vir iets anders as ANC en DA

Dit is ’n plesier om op Johann Maarman se “Juju ritsel soos ’n ratelslang” (03.12) te reageer.

Maarman slaan die spyker op sy kop wanneer hy vra: “Wat kan Malema die land bied, anders as om te polariseer, want hy het absoluut niks wat hom kwalifiseer om eendag president van die land te wees nie.”

Dit is juis die probleem. Niemand in die ANC, benewens Nelson Mandela, het tot dusver gekwalifiseer om president van ’n land soos Suid Afrika met sy geskiedenis van diepgewortelde rassepolarisasie te wees nie.

Ons het ’n oorvloed van magsugtige politieke toetreders wat optree soos kinders in ’n snoepwinkel en alles op een slag wil opeet sonder om daarvoor te wil betaal. En as die winkel leeg gesteel is, brand hulle dit af. Van nasiebou, verdraagsaamheid, beskerming van minderheidsregte en ’n strewe van “Suid Afrika eerste” is daar geen sprake nie.

Ons beleef tans, soos Madiba gewaarsku het, “die tirannie van die meerderheid’’. En wat daartoe bydra is die SABC TV se gratis publisiteit van duisende rande aan die EFF om polarisasie verder aan te blaas. Van skerp vrae tydens onderhoude is daar geen sprake nie. Julius kan ure lank ononderbroke praat.

Dit lyk al hoe meer of die EFF net gestig was om van Jacob Zuma ontslae te raak, die jeug te radikaliseer en druk op die ANC te plaas om sosialisme te bevorder. Wie sit agter die EFF se opmars? Dit is die vraag,

Is dit nie miskien tyd dat ons na ander oplossings kyk as dit wat deur die DA en ANC aangebied word nie?

Meer oor:  Peter J. Marais  |  Schoongezicht  |  Johann Maarman  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.