Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Uitbuiting van leeus is skokkend

Volgens die president van die Suid-Afrikaanse Roofdiervereniging is die Suid-Afrikaanse wildbedryf een van die grootste suksesverhale. Hy het gereageer op ’n program wat Carte Blanche oor geblikte leeus uitgesaai het.

Carte Blanche het sy insetsel gegrond op ’n verslag van die BornFree-stigting, naamlik “Cash Before Conservation: An Overview of the Breeding of Lions for the Hunting and Bone Trade”. Dit beskryf onder meer die telery van leeus in gevangenskap as die uitbuiting van “een van Afrika se manjifieke roofdiere” vir geldelike gewin.

Dan berig Beeld (29.04) in die artikel “Opgekook vir Ooste” oor die leeuslagpale in Bloemfontein. Dit is skokkend om te dink dat van bewaring gepraat word terwyl leeus en ander diere met veel lyding in hokke aangehou word om geslag te word vir die spul gevoellose Oosterlinge. Sogenaamde jagters (wildbewaarders?) skiet die leeus vir geldelike gewin.

Ek was nog nooit gemaklik met die jagbedryf nie. Die wonderlike dinge wat oor dié bedryf gesê word, maak net nie sin nie.

Daar is daagliks berigte oor die lyding van wilde diere soos renosters en leeus. Die hele Afrika is vol wreedheid en die uitroei van diere soos die gorilla.

In Suid-Afrika vlieg twyfelagtige jagters met helikopters rond om stropers af te laai om renosters te stroop.

Ek is nie ’n jagter nie en wil ook nie een wees nie. Ek jag eerder met ’n kamera en geniet en bewonder die prag van ’n dier. Diere wat gejag word om oorbevolking te voorkom, is verstaanbaar, byvoorbeeld in die Krugerwildtuin. Maar selfs dáár het ek my bedenkinge. Rooibokke word uitgeskiet, maar die olifantbevolking het nou ’n groot probleem geword.

Die mense wat hulle besig hou met die boosheid van die slagting van leeus en geblikte leeus moet nou uitgesnuffel word en swaar strawwe kry.

Hierdie gevoellose, wrede mense vernietig stadig maar seker ons mooi dierelewe.

Meer oor:  My Stem  |  Leeus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.