Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Uitdagings van taal- en letterkunde

Marius Crous se Boekevat, “Leer somme maak, maar . . .” (21.08), vat die ideologiese en

literêr-teoretiese uitdagings van en struikelblokke in die studie van die Afrikaanse taal- en letterkunde in ons sogenaamde gedemokratiseerde era goed saam.

Binne die verwysingsraam van ’n aktuele spanningsveld van verdagmaking en ideologiese ondermyning, word ernstige kortsluitings in die huidige tydsgewrig van die “totale aanslag” op en degradering van Afrikaans geskep.

In dieselfde asem ook ’n kompliment aan Nolan Venter vir sy “Op die langpad met probleme in die truspieël” (VAK, 17.08), waarin die diep menslike blootstelling van en dramatiese meelewing met die lotgevalle van die skamele en gehawende mens en haar kind in die dikwels vergeefse soeke na ’n bereikbare bestemming geteken word.

Die beperkings van die lokale realisme word deurbreek en deur die onmiskenbare, maar terloopse, verwantskap met die genre van Chaucer se Canter­bury Tales of Dana Snyman se Op pad, ’n reisjoernaal, word die vertelling ’n kort maar kragtige reisjoernaal in die kleine wat, afgesien van die slot, tot ’n universele vlak van algemeen- menslikheid deurgevoer word.

Meer oor:  Dana Snyman  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.