Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Uitgediende kerkstruktuur doen groot skade

Die NG Kerk doen ongelooflike mooi werk oor die land heen.

Sowat 1 100 gemeentes, honderdduisende lidmate en sy sowat 1 700 heeltydse en deeltydse leraars werk elke dag, oral waar hulle is, hard om saam ’n verskil te maak. Dít hoor ons by die Algemene Sinode. Dit haal min die voorblaaie.

Etiekverwante besluite wat ten alle koste met spoed en emosie gedryf word, oorskadu ál die positiewe werk in die Kerk.

By die Algemene Sinode, waar ons nou verdaag het, het ek en nóg ’n afgevaardigde voorgestel dat daar nie by die Sinode oor selfde­geslagverhoudings besluit moes word nie. Ons het voorgestel dit moet eerder afgewentel word, maar verteenwoordigers van ’n sekere streek­sinode was onverbiddelik en angstig om die besluit dadelik deur te voer.

Nou is daar oor die land heen onenigheid oor dié besluit wat voorkom kon gewees het.

Ek en ander is só bang etiese sake word die nuwe evangelie in die kerk ten koste van die Woord van die Here.

Die sambreel in die NG Kerk raak te klein om almal vas te hou en opgewonde te hou. Tans loop die Algemene Sinode die gevaar om die Kerk oneindig skade te berokken, want dit word die medium van sekere groepe om drome en sake deur te dryf, kom wat wil.

Al 1 700 leraars kan eerder in ringsverband op een slag elektronies by só ’n vergadering betrek word. Ons leef in ’n tegnologiese era waarin dinge anders gedoen kan word.

Die tyd vir 193 afgevaardigdes om bloot ’n rubberstempel vir ’n ander streeksinode se dringende agendas en drome te wees, is verby.

Streeksinodes sal uit die algemene sinodale verband moet tree, of oneindige skade wag met volgende radikale besluite van die uitgediende kerkstruktuur.

Waarheen is ons geliefde Kerk op pad?

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.