Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Uitsprake oor ‘Christelik’ stel teleur

Ek het ’n skok gekry toe Daniel Hugo (22.09), een van my gunsteling- moderne Afrikaanse digters, vertalers, stemkunstenaars en uitleggers van poësie, verklaar dat hy ’n “ongelowige” is (so asof hy trots is daarop?).

Met sy kommentaar oor ’n sekere bloemlesing was daar (soos gewoonlik) geen fout te vind nie, want die begrip “Christelik” behoort nimmer “ongelowigheid in Christus” in te sluit nie? Dis dan juis Jesus Christus wat die groot verskil op aarde kom maak het met Sy “blye boodskap” sodat miljoene mense meer as 2 000 jaar later dit steeds glo en redding daarin vind. My voorvader Estiénne Bruére het in 1688 as 23-jarige groot ontberinge getrotseer om hierheen te vlug omdat hy dít geglo het. Hy is die voorvader van ál die Bruwers in SA.

Saterdag het Joan Hambidge se soortgelyke “bekentenis” in haar kommentaar oor dieselfde bloemlesing my ook teleurgestel. Ek het andersins groot respek vir haar, ook – en veral – vir haar onverdrote ywer vir die bevordering van Afrikaans as akademiese taal teen die “oormag” van “verengelsing” in ons “wye en droewe land”. Kudos aan Hugo ook daarvoor.

Dis natuurlik hul goeie reg, maar met hul uitsonderlike psigiese “talente” sou ’n plebejer soos ek verwag het húlle sou besef die menslike siel is onsterflik.

Wyle prof. T.T. Cloete was ’n ouderling, en ek ’n studentediaken (saam met wyle prof. Chris Kapp) by die Birdstraat-kampus van die UPE (nou NMU) in 1967-’68. Ons was net vier in dié “kerkraad”, saam met die dominee. Ek onthou nog hoe ons drie Sondagaande ná kerk saam teruggestap het na ons koshuise. Cloete het gehink weens polio wat hy as kind opgedoen het.

Ek en my ega, Lorraine (née Hyman), wat by Cloete (en proff. Lina Spies en Braam de Vries) Afrikaans-Nederlands geloop het, was bevoorreg om Cloete ná meer as 40 jaar kort voor sy oorlye te gaan groet by die KKNK, waar hy van sy gedigte met musiekbegeleiding voorgedra het.

Hoe verskil Hugo en Ham­bidge dan van die formidabele Cloete, Totius et al., wat ooglopend Christene was? Dis natuurlik hul goeie reg, maar met hul uitsonderlike psigiese “talente” sou ’n plebejer soos ek verwag het húlle sou besef die menslike siel is onsterflik.

Ek kan egter net vir hulle (en hul geesgenote) probeer “voorspraak doen” om betyds tot besinning te kom voordat dit te laat is. Onthou, die ewigheid is: ad infinitum – sonder einde . . .?

Meer oor:  Daniel Hugo  |  My Stem  |  Digkuns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.