Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Uitverkoop van Afrikaans grens aan verraad

Na aanleiding van die fiasko met die uitfasering van Afrikaans by die Universiteit Stellenbosch (US) kan ’n mens nie help om moedeloos te raak met hoe dinge nou in Suid-Afrika gaan nie.

Tans kan ’n mens ’n parallel trek van hoe dit in die hoogste gesag in die land gaan en hoe dit by die US gaan. Albei ignoreer wat reg is en neem op ’n outokratiese wyse besluite en voer dit uit, wat totaal teen die grein van redelikheid is. In die hoogste gesag is daar korrupsie en ons aanvaar dit maar. By die US maak hulle beleide om Afrikaans uit te rangeer en ons aanvaar dit maar.

Prof. Wim de Villiers onderskat ons Afrikaanssprekendes se intelligensie. Enige regdenkende mens kan sien dat die beleid soos dit nou daar staan van Afrikaans gaan ontslae raak omdat daar feitlik vir elke scenario ’n “indien moontlik” by is. Ons almal weet net een student staan op en kla oor Afrikaans en dan is die hele klas in Engels.

Prof. De Villiers, u is duidelik uit voeling met wat by die US aangaan en weet nie hoe dinge prakties uitspeel nie. U sit in die hoogste gestoeltes en weet nie wat fisiek in die klasse aangaan nie. Die arrogante en aanvallende skrywe wat in Die Burger verskyn het (03.04), doen u reputasie ook nie goed nie.

Geen teenstand word geduld nie en daarom is dit sinneloos om op amptelike vlak aan die gesprek deel te neem. Jy word eenvoudig uitgesny – soos wat met die konvokasie gebeur het. Doen die eerbare ding en staan terug, prof. De Villiers, want om jou taal (ek glo u het as Afrikaanssprekende grootgeword) so uit te verkoop, grens aan verraad en is ’n skreiende skande.

Al wat ons vra, is dat Afrikaans saam met Engels op gelyke voet die onderrigtaal kan wees. Engels is ook baie belangrik en daarom sal dit goed wees om ook op gelyke vlak met dit aan te gaan.

• Laat hoor van jou: Stuur jou brief na dbmening@dieburger.com. Briewe moet vergesel wees van die skrywer se naam, adres en telefoonnommer. Briewe korter as 350 woorde sal voorkeur kry. Die Burger behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort. Publisering van briewe word nie gewaarborg nie en berus by die brieweredakteur. Geen kommunikasie sal daaroor gevoer word nie.

Meer oor:  Lesersbrief  |  Afrikaans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.