Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Universiteit is nié ’n idee nie

Anton van Niekerk verduidelik in “Die universiteit as ’n idee” (23.07) die aard van ’n universiteit.

Sy eerste stap is om die universiteit ’n idee te noem – wat hy sien as ’n denkkonstruk met behulp waarvan ’n mens ons ervaring kan interpreteer. Dit behels vervolgens waardeoordele en gesagdraende idees. Vandaar word gespring na die institusionalisering van die idee van ’n universiteit (individueel en kollektief). Uiteindelik word verwys na waardes soos rasionaliteit en objektiwiteit en afgesluit met die opmerking dat universiteite merkwaardige prestasies van ons kultuur is. Wetenskaplike kennis is die “beste en mees betroubare kennis”.

’n Universiteit is egter nie ’n idee (denkkonstruk of waarde) nie. Dit is ’n same­lewingsvorm wat as ’n verband getipeer kan word, want dit beskik oor sowel ’n duur­same relasie van bowe- en onderskikking (gesagstruktuur: dosente-studente) as ’n solidêre eenheidskarakter (personeel kom en gaan sonder om die duursaamheid of voort­bestaan op te hef).

Gemeenskappe besit slegs een van hierdie kenmerke (huwelik, volk, familie), terwyl maatskaplike verhoudinge (vriendskap, buurskap) geen van die twee besit nie. Staat, kerk, gesin en bedryf is almal verbande, maar verskil van die universiteit as akademiese verband. Die staat is ’n regsver­band, kerk ’n geloofsverband, gesin ’n liefdesverband en die bedryf ’n ekonomiese verband.

Sterelny waardeer Dawkins as ’n “old fashioned science worshipper” en dit geld ook Van Niekerk se voortsetting van die “epistemic ideal of Enlightenment rationality”. Daarvolgens is “the scientific description of the universe true . . . beautiful and complete”. Gould reageer krities oor (vermeende objektief-rasionele) feite: “Facts have no independent existence in science, or in any human endeavor; theories grant differing weights, values, and descriptions, even to the most empirical and undeniable of observations.”

Meer oor:  Anton Van Niekerk  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.