Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Universiteite moet weer outonoom word

In prof. Flip Smit se insiggewende artikel oor die aftakeling van ons universiteite (By, 10.04 ) sê hy die aard en wese van dié inrigtings is in gevaar.

Hy wys daarop dat die studente wat gewelddadig protesteer, in eie belang optree, so ook die besture van universiteite wat toegee aan onredelike eise.

Die regering is ook aandadig, want hy sien universiteite as plekke wat kan help om die werklose jeug te akkommodeer. Toelatingsvereistes is gevolglik so laag dat meer as die helfte van studente die inrigtings ná vyf jaar sonder kwalifikasies verlaat.

Dit is duidelik dat baie studente nie oor die vereiste kognitiewe- en taalvaardighede beskik nie, aldus Smit.

Die studente wat die inrigtings kwalifikasieloos verlaat, sukkel om werk te kry. Dit nadat miljarde rand en tyd vermors is. Hulle moes nooit op universiteit gewees het nie. Universiteite is veronderstel om plekke van uitnemendheid te wees, waar uitgesoekte mense klas gee vir talentvolle studente met die kapasiteit om daarby te baat.

’n Mens moet die blaam vir probleme by universiteite voor die regering se deur lê. Dit is sy obsessie om sentrale beheer oor alles te hê wat universiteite se outonomie weggeneem het. Daarom word dosente nie op meriete aangestel nie, en daarom die toestroming van studente wat nie universiteitsmateriaal is nie.

Hoe moet die probleem opgelos word? Die regering moet universiteite se outonomie teruggee en hulle toelaat om toelatingsvereistes te bepaal en self oor dosente se aanstellings te besluit.

Meer oor:  Mystem  |  Outonoom  |  Universiteite  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.