Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
US-besluit oor drank ondeurdag

Die tragiese dood van ’n pragtige jong man tydens ’n inlywings­ritueel, in die manskoshuis Huis Visser, is onvergeetlik en kan nie met genoeg weersin en afsku beleef word nie.

Ongelukkig getuig die universiteit se optrede daarna van ’n gebrek aan deurdagte en oordeelkundige bestuur. Dit laat jou dink aan die onderwyser wat die hele klas straf oor die goddelose ene wat die drukspyker op sy stoel neergesit het. Om teen alle koshuise op te tree oor ’n enkele geïsoleerde voorval wat onverskoonbaar is, is ondeurdag en onhandig.

Die besluit om alle vorme van drank in alle koshuise te verbied, staan direk in teenstelling met dieselfde bestuur se besluit enkele jare gelede om kroeë in koshuise goed te keur. Straf diegene wat oortree, selfs die koshuis, en laat dit ’n wekroep wees vir almal in beheer van die een of ander inlywingseremonie tot besinning en goeie oordeel. ’n Mens gooi mos nie goeie wyn saam met die moer weg nie.

Dit is egter so dat die gebruik van drank in manskoshuise so oud is as die fondamente van Wilgenhof. As eerstejaar meer as 60 jaar gelede, moes ek gereeld saans die twee seniors wat ek as sot bedien het, se glasies vul met Muratie se soetwyn. En snaaks, ten spyte van hul drankgebruik het albei later regters geword.

Misbruik van drank is nooit aanvaarbaar nie. Kundige gebruik daarvan is eeue reeds deel van ’n beskaafde en gesofistikeerde bestaan. Die besluit om drank in alle koshuise te verbied, is nie net onredelik nie, maar onprakties en onhaalbaar.

Meer oor:  Us  |  Brief  |  Kampus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.