Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
US skuld personeel en studente verskoning

Die Universiteit Stellenbosch (US) skuld sy personeel en studente ’n verskoning vir sy ruggraatlose “ondersteuning” van laas week se protes teen geweld teen vroue. In ’n week waarin die land, en veral universiteite, verenig was in die stryd teen geweld teen vroue, het Maties besluit om alleen te staan.

Hoewel helaas uitsprake gemaak is ter ondersteuning van die protes in Kaapstad en vervoer gereël is na die Universiteit van Kaapstad en die parlement, is studente en personeellede oorgelaat aan departementele diskresie om die proteste te kon bywoon.

Dit het tot gevolg gehad dat baie personeel nie eens daaraan kon dink om te vra om dit by te woon nie en dat studente uitstel geweier is vir opstelle en toetse en dus op die kampus moes bly.

Daar is geen leierskap in die top­bestuurspan van die US as dit kom by belangrike maatskaplike kwessies soos by ander universiteite in die land nie, en dit laat alle Maties apaties lyk.

Meer oor:  Us  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.