Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
UV: Deeglike oorsig vóór boekberging gedoen

Die biblioteek se boekversameling word deur ’n biblioteekkomitee van die senaat beheer, en geen boeke kan sonder formele goedkeuring van die komitee uit die biblioteek verwyder word nie.

Die universiteit heg groot waarde aan die rykdom van kennis wat in die biblioteek bewaar word en sal nie onverantwoordelik met sy versameling omgaan nie.

Hoewel die uitvoerende bestuur kennis neem van die kommentaar deur sommige besorgde organisasies en lede van die publiek in die media en sosiale media oor die afgelope paar dae, is geen boeke uit die biblioteek verwyder om verpulp te word nie – slegs ingebonde vaktydskrifte waarvan die universiteit ook aanlyn weergawes het.

Dit is vaktydskrifte wat reeds vir geruime tyd uit die vaktydskrifafdeling verwyder is en vir ’n hele aantal jaar in onbruik was.

Die besluit om die grootte van die versameling met ten minste 35% te verminder en om ’n aparte bergruimte in Bloemfontein naby die biblioteek vir sommige van die versamelings te bekom, is geneem nadat ’n deeglike eksterne hersiening van die biblioteek in 2014 gedoen is, sowel as ’n oorsig wat vanjaar gedoen is om leemtes te bepaal.

Twee aspekte is na afloop van die hersiening aangepak: Boeke wat in die afgelope 20 jaar glad nie gebruik is nie, is na ’n stoorkamer in die biblioteek verskuif. ) Vaktydskrifte wat uit die vaktydskrifafdeling verwyder is omdat dit vir geruime tyd nie aktief gebruik is nie en nie aanlyn beskikbaar is, of op enige manier elders gevind kan word nie, sal na ’n aparte bergplek in Bloemfontein verskuif word en sal teruggebring word indien dit benodig word.

Die enigste vaktydskrifte wat vir verpulping gestuur is, is dié wat geredelik aanlyn beskikbaar is deur huidige subskripsies, vaktydskrifte waarop die biblioteek nie ingeteken is nie, maar wat vryelik aanlyn beskikbaar is, vaktydskrifte wat sedertdien ooptoegang-vaktydskrifte geword het, tydskrifte met populêre titels wat geen akademiese waarde het nie, jaarverslae van maatskappye en verenigings, asook sommige abstrakte.

Deeglike en verantwoordelike evaluering van hierdie ingebonde vaktydskrifte is gedoen voordat dit vir verpulping gestuur is.

Die verskuiwing van die boeke na ’n stoorkamer in die biblioteek en die verwydering van die ingebonde vaktydskrifte sal ruimte bied om aanbevelings deur die taakspan in werking te stel wat deur prof. Francis Petersen, die rektor en visekanselier, aangestel is.

Hierdie span sal ondersoek instel na die herposisionering van die biblioteek in ’n wêreldklas, ultramoderne biblioteek waar fisiese en virtuele ruimtes geskep word om veeldoelige leerareas vir studente, gesamentlike en groepsleer te ondersteun.

Daar sal ook ruimte geskep word vir groter innovering in die biblioteek deur middel van tegnologie, om sodoende die algehele studente- en gebruikerservaring te verbeter.

Meer oor:  My Stem  |  Uv
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.