Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
UV se optrede onbedagsaam

Ná al die publisiteit in Volksblad oor die struktuur met vrae by die Steyn-standbeeld, kon ek nie my nuuskierigheid beteuel nie en het dit ook gaan bekyk.

Hierdie “vierkantige struktuur” het glo ten doel “om die publiek die geleentheid te bied om vrae (oor die Steyn-standbeeld) te beantwoord.”

Die joernaliste is korrek as hulle beweer dat dieselfde vrae “aan elkeen van die vier kante van die struktuur” gevra word, maar hulle verswyg dat die vrae telkens nét in Engels gevra word en dat die vorms waarop op vrae beantwoord kan word, óók net eentalig Engels is.

Die Vrystaat het drie amptelike tale en as jy die mense van hierdie streek respekteer, en almal deel wil maak van “ ’n openbare deelnameproses”, om Lacea Loader van die Universiteit van die Vrystaat (UV) aan te haal, behoort jy hulle (en hul tale) te eerbiedig.

Boonop is byna 80% van alle besoekers aan die Vrystaat Kunstefees Afrikaans, was pres. M.T. Steyn ’n belangrike Afrikaner-staatsman én ’n seminale figuur in die Afrikaanse geskiedenis.

Vrae moes dus in ieder geval in Afrikaans gestel gewees het as werklik belang gestel word ook in dié taalsegment se menings.

Die UV se optrede is net nog maar ’n bewys van sy gevoel jeens Afrikaans.

Dit is vergelykbaar met die vorige rektor, prof. Jonathan Jansen, se oprigting van ’n monument om vroue te erken, maar omdat slegs Engelse inskripsies daarop verskyn, eintlik ’n belediging was aan die adres van veral Afrikaanse vroue wat ’n beduidende rol in die geskiedenis van die UV gespeel het.

Die jongste universiteitsoptrede is onbedagsaam én onbeskof en getuig van ’n arrogansie wat ’n mens gehoop het saam met Jansen verkas het.

Meer oor:  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.