Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Vals-beskuldigde mans in ‘dodesel’

John Zaaijman, Boggomsbaai, skryf:

Ek verwys na die ontstellende brief van Anoniem twee weke gelede op hierdie blaaie.

Dit is duidelik dat die onreg van ’n vals beskuldiging van seksuele misdryf ná 50 jaar steeds aan hom kleef soos ’n soort doodsvonnis.

In die “ou” dae was verkragting gereken as ’n halsmisdaad. ’n Valse of vervalste beskuldiging van verkragting plaas dus die vals-beskuldigde persoon op ’n soort death row – in ’n dodesel vir die res van sy lewe.

Selfs die “kundige” groep, #MeToo, het volgens die literatuur ’n geskiedenis van foute en vals aantygings in iets soos 2% – of selfs meer – van alle gevalle. Dit klink dalk min, maar ’n vals beskuldiging van verkragting is net so vernietigend as ’n verkragting self. Dit verkrag iemand se goeie naam, sy selfrespek en sy hele loopbaan. En dit is lewenslank.

Daar is bitter min om sy onskuld mee te bewys. Die hof se simpatie lê tradisioneel by die klaagster, dikwels sonder harde forensiese bewyse. Dit is natuurlik ’n dodelike wapen in die hande van kwaadwillige swendelaars.

Die silwerrandjie is dat daar in 2018 ’n teen-groep gestig is genaamd #HimToo, wat mans ondersteun wat vals beskuldig word van ’n seksuele misdryf. Miskien hou dit bietjie troos in vir Anoniem en andere soos hy. ’n Groep soos #HimToo sou nie gestig gewees het as daar nie goeie rede daarvoor was nie. Mense wat hulself skuldig maak aan vals beskuldiginge van hierdie aard behoort na regte dieselfde vonnis opgelê te word as verkragters self, want die lewenslange uitwerking van so ’n vals beskuldiging is net so verwoestend – soos Anoniem se hartseer brief so goed illustreer.

Meer oor:  Lesersbrief  |  Seksuele Misdryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.