Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Van die Bybel se verhale is glad nie uniek nie

Attie Beetge (25.05) kan skynbaar nie vrede maak met Wilhelm Jordaan se bewering dat die Bybel ’n versameling mensewoorde is nie. Baie kerkmense praat eerder van die onfeilbare Woord van God, want ons het hierdie siening saam met moedersmelk ingedrink.

Vir my lyk dit asof die Bybel ’n chaotiese versameling antieke geskrifte is wat uit verskillende kulture afkomstig en met uiteenlopende oogmerke geskryf is.

Die Bybel is ’n mengsel van mites, oorgelewerde stories en leringe (selfs erotiek en klaagliedere). Met ’n klein bietjie kennis van antieke geskiedenis en mitologie kan jy nie anders nie as om te sien dat baie kruisbestuiwing tussen antieke godsdienste en geskrifte plaasgevind het.

Die skeppings- en die vloedverhaal in die Bybel is byvoorbeeld glad nie uniek of oorspronklik nie.

Wat ook interessant is, is die treffende ooreenkomste tussen die verhaal van Jesus en ander verhale uit die antieke wêreld. Van ’n hele paar groot figure uit daardie tyd is gesê dat hulle van goddelike afkoms was, of dat hulle uit ’n maagd gebore is. Ander het na bewering ook wonderwerke gedoen, uit die dood opgestaan en na die hemel opgevaar.

Of ons daarvan hou of nie, daar is sterk aanduidings van beïnvloeding uit ander kulture en godsdienste van die destydse wêreld. En ons het geen bewyse dat die Bybel verhewe bo ander antieke geskrifte is of dat dit iets anders as ’n versameling mensewoorde is nie.

Meer oor:  Bybel  |  Johan Visser  |  Kleinmond  |  Mystem  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.