SPESIALE AANBOD: Betaal slegs R25 vir die eerste maand. Spring gou!
My Stem
Van Nierop se trefferlys pla my

Ek gaan nie baie fliek nie, maar ek luister graag na Leon van Nierop se fliekresensies op RSG, en die geskrewe formaat in die dagblaaie vind by my ook groot byval.

Van Nierop het werklik die vermoë om die jongste uitreikings raak en kleurvol te beskryf. Selfs ’n treurige poging beskryf hy só gevat dat die vervaardigers seker nie aanstoot kan neem nie.

’n Woordkunstenaar wat sy terrein meesterlik hanteer en Afrikaans se vaandel hoog laat wapper.

Ná elke lees- of luisterslag voel ek lus vir springmielies en Coke.

Daar is egter iets wat hinder. In Van Nierop se 2018 Top-fliektreffers verskyn Bohemian Rhapsody, wat oor Queen se Freddie Mercury handel, glad nie.

By die 76ste Golden Globe-pryse is dit bekroon as die beste fliekdrama en Rami Malek het met die prys as beste akteur weggestap. Selfs A Star is Born was maar 20ste op Van Nierop se lys.

Heg hy nie groot waarde aan hierdie soort flieks nie?

Meer oor:  Leon Van Nierop  |  Leserbrief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.