Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Vandag kan jy vir die jeug ’n toekoms bied

Die energie en oopkop-gesprekke, asook uitnemende optredes deur die jeug by die jongste Suidoosterfees gee moed aan die Suidpunt van Afrika.

Die galakonsert in die Kaapse stadsaal was ’n skouspel van Wes-Kaapse talent . . . ’n wêreldklas-aanbieding.

Irma Albers, feesdirekteur, en haar span, asook Niël Rademan en sy mede-aanbieder verdien ’n staande applous.

Ek het my op die Paasnaweek by die eerste Noord-Suid-0.13-rugbytoernooi verstom vir die seuns, ouers en onderwysers se passie, dissipline en goeie maniere. Besoekers uit Gauteng kon ook nie uitgepraat raak oor die gasvryheid nie.

Albei hierdie geleenthede gee skop en hoop vir vandag se verkiesing.

Ons stembriewe sal (kan) dit moontlik maak vir derduisende kinders en jongmense om in ’n toekomstige land met hoop met goeie, eerbare en energieke leiers te leef, leer en speel.

Almal weet vir wie om te stem – om dié wat ons jeug se toekoms beduiwel deur hulle onder meer deur ’n internasionaal minderwaardige onderwysstelsel te bly ontmagtig, die rug te keer.

Hierdie verleentheid en skande sit ons kinders steeds agter in die ry wat mededingende en vergelykbare lande de se vaardighede en kennis betref. Dit verneder die voorheen benadeelde jeug opnuut . . . en só bly hulle aan die agterspeen suig.

Lekker stem . . . hier kom ’n ding!

Meer oor:  Suidoosterfees  |  Leserbrief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.