Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Vat eers dié sonder rybewyse vas

Die ANC het die afgelope amper 25 jaar herhaaldelik klinkklare bewys gelewer dat hy bloot ’n bevrydingsbeweging is. Van ordentlik regeer en deursigtige bestuur is feitlik nêrens ’n bewys nie.

Eskom, die SAL, Prasa, die SAID, gesondheidsdienste, polisiediens, onderwys . . . alles is ’n klaaglike mislukking. ’n Lys van instansies wat wél ’n sukses is (ás daar hoegenaamd enige is!), sal aansienlik korter wees.

Nou rybewyse . . . Liefen loof! Die wette wat hierdie onbeholpe lot uitgevaardig het, kan ensiklopedieë vul, maar dié wat suksesvol toegepas word, is gering.

Jare gelede is die standaardminibustaxi’s met groter Quantum-bussies vervang en die belastingbetalers moes vir die gelag betaal. Die doel van net nóg ’n doodgebore droom was om “ons paaie veiliger te maak”. Ja, en is dit die geval? Glad nie!

Die aantal Quantums (en die kleiner Toyotas) wat in ongelukke betrokke is, is duiselingwekkend! Die aantal passasiers wat in een ongeluk kan sterf, is verhoog.

Die aantal ongelukke op ons paaie is nie net as gevolg van drank of roekelose bestuur nie, maar daar is etlike duisende bestuurders wat hoegenaamd geen rybewys het nie.

Moenie krap waar dit nie jeuk nie. Sorteer eers die besit van ’n geldige rybewys uit en kom dán met ’n hertoetsing.

Wanneer die tuin droog is, sal dit die proteas geensins help as jy die gousblomme uittrek nie!

ANC, kom net asseblief by.

Meer oor:  Rybewys  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.