Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Vat hulle, Dawie (Jacobs), vat hulle laag!

Beste Dawie Jacobs,

Ek mis nooit ’n brief van jou in Beeld nie en het lekker aan jou jongste brief, “Verandering vra burgerlike golf”, gelees.

Jy het voorheen belowe om nie leedvermakerig te wees sodra Donald Trump van die VSA sy ry gekry het nie. Ek gaan ook nie leedvermakerig wees omdat jy uiteindelik besef wat jou (eens?) geliefde ANC aan hierdie land gedoen het nie. Om soos jy te beweer dat die ANC en Jacob Zuma verantwoordelik is vir ’n verswakte staat, is soos die Engelsman sê, ’n “understatement”. Ons het rommelstatus bereik.

Ek sien jy is nou weer besig met koalisiepolitiek. In die algemene verkiesing in 2019 het jy mense aangeraai om in sekere gebiede vir die ANC te stem en in ander gebiede vir die DA. Ek het jou in my geestesoog gesien met die ANC se pet op die kop en die DA se serp om die nek. Jou idee van koalisie is sekerlik goed, maar met die ANC of die EFF? Ons het ook ander gerespekteerde politieke partye, soos die VF Plus, asook die IVP, om maar enkeles te noem. Weet jy, Dawie, ’n politieke party wat veg vir taalregte, kultuur, moedertaalonderrig en die voortbestaan van minderheidsgroepe, wit mense ingesluit, is nie om daardie redes ’n verregse of gewoon regse party nie.

Ek haal my hoed vir jou af omdat jy jou gewig ingooi by die veldtog teen korrupsie en die behoud van die oppergesag van die Grondwet en stem saam dat veldtog 337 tydig en van groot waarde is. Ek is dankbaar dat Trump nie meer jou energie tap nie.

Ek sien jy swyg wel oor pres. Cyril Ramaphosa se witvoetsoekery by Jacob Zuma­, wat die Grondwet asook die konstitusionele hof se gesag onder sy voete vertrap soos wat hy met ons land gedoen het. Nee, man, dit kan nie so aangaan nie.

Vat hulle, Dawie, vat hulle laag!

Meer oor:  Donald Trump  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.