Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Vee eerder eers jou eie agterplaas

Die aanvalle van prof. Anton van Niekerk op Afrikaners begin nou aan my hart pluk. Ek wonder of hy besef dat hy ook die rassevuur stook met sy vurige tirade teen die oprigting van die Penkop-monument naby Parys.

Prof. Van Niekerk, pak liewer die wanadministrasie van die regering, wat ná 25 jaar se bewind van die een skande na die ander strompel.

Kan die mense wat te na gekom is, nie vir hulleself praat nie? Nee, want hy weet dat hy die spyker dieper kan inslaan as hyself met sy keurige Afrikaans die “vergrype” van die Afrikaner in die pers blootlê.

Ek betwyfel sy oordeel as hy oor iets soos ’n monument ’n herrie opskop, maar belangrike dinge wat dringend aandag vereis, gerieflikheidshalwe oorsien.

Prof. Van Niekerk, pak liewer die wanadministrasie van die regering, wat ná 25 jaar se bewind van die een skande na die ander strompel. Of begin sommer op u eie werf. Probeer red wat nog te redde is van die Universiteit Stellenbosch.

Meer oor:  Anton Van Niekerk  |  Briewe  |  Aanvalle  |  Afrikaners  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.