Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Verander gesindhede om Afrikaans te red

In sy rubriek “Wit én bruin kan Afrikaans só  red” skryf Leopold Scholtz dat die hoofrede waarom bruinmense nie ‘n vinger lig om Afrikaans as hul moedertaal van ondergang te red nie, die vernedering is wat hulle onder die apartheidsbewind gely het. 

Dié kontaminasie is ‘n feit soos ‘n koei. Vir bruines is die taal onlosmaaklik verbind aan witmense wat hulle hul  burgerregte en menswaardigheid ontneem het en tot tweederangse landburgers degradeer het. Scholtz se beste oplossing vir hiervoor is dat “wit Afrikaners kan begin deur bruin gevoelens veel meer as tot dusver te respekteer.” 

En dÏt sal dan skynbaar voldoende regstelling van die eeuelaange onreg in hulle geboorteland wees sodat “ons bruin taalgenote op rasionele vlak (daarvan) oortuig raak dat Afrikaans in alle variante ons gemeenskaplike moeder is”. 

Scholtz kyk die bruinmense darem vlak as hy dink dÏt sal die verlede se ontmenslikende disrespek herstel. Vergeet hy dan van onlangse gebeure soos  die Sendingkerk (nou die VGK) en NGK ,  broer en suster met één moeder met dieselfde kanseltaal en geloofsblydenis, maar tot vandag het alle pogings op kerkhereniging skipbreuk gely. En dit in ‘n organisasie waar alle omstandighede teoreties die gunstigste is: maar nee,  saam saam sal ons nie ons gemeenskaplike God aanbid nie. 

Op die dorpie waar ek woon, is die ras- en klasdiskriminasie hoogs sigbaar in die geskeide woonbuurte: die een oop ruimtes en  modern, die ander volgeprop, oorbevolk, met sinkpondokkies ingeprop in agterplase. En langsaan l? die NGK se oop landerye, maar hulle weier om een hektaar  weg te gee vir mensliker behuising  vir mede-christene en  mede-afrikaanses.  My gevolgtrekking is eenvoudig:  voordat  sulke minagtende gesindhede nie fundamenteel verander nie, staan Afrikaans geen kans op ‘n  Gelyke Kans  om op US as ‘n onderrigtaal behoue te bly  nie.  Dis om van te ween.

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Afrikaans  |  Leopold Scholtz  |  My Stem  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.