Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Verbanning van ou vlag gevaarlik

Benewens grondonteiening sonder vergoeding, is daar nog ’n gevaarlike beweging in die Suid-Afrikaanse politiek: die poging om die ou Suid-Afrikaanse vlag onwettig te maak.

Dit behoort jou te ontstel – ongeag wat jy oor die vlag dink.

Die ou Suid-Afrikaanse vlag beteken verskillende dinge vir verskillende mense, maar die linksgesindes eien hulle die alleenreg toe om simbole te interpreteer. Dit is absurd dat hulle betekenis kan toeken aan ’n persoon bloot op grond van die swaai van ’n vlag – selfs sonder om die persoon eers te vra wat die vlag vir hom beteken.

Maar as ons dan simbole wil verban weens hul “misdadige” verlede, gaan ons dan konsekwent wees? Onder die simbool van die hamer en sekel is meer as 100 miljoen onskuldige mense vermoor. Gaan ons hierdie simbole ook onwettig maak?

Waarop kom dit dan neer? Dit is niks minder as politieke outokrasie nie: Die regerende klas skryf voor wat aanvaarbaar is en wat taboe is.

Hul eie politieke paradigma is die enigste geldige paradigma waarbinne die opposisie mag beweeg. As die ou vlag verbied kan word, dan kan die regering ook enige oproerende politieke uitspraak as “haatspraak” verban.

Meer oor:  My Stem  |  Vlag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.