Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Verbied sommer alles wat pla

Die regering het ’n verbod vir elke nuwe probleem: brandstof is skaars – verbied petrolkanne. Sal dit nie beter werk as alles wat die land pla, stelselmatig verbied word nie?

Begin by Ace Magashule, die ANC, belasting, beurtkrag, brandstigting, Covid-19, dwaasheid, dolering, diefstal, die EFF, Gwede Mantashe, gesloer, Guptas, hardkoppigheid, inperking, inentingstraagheid, Julius Malema, kaderontplooiing­, luiheid, moord, onluste, onbekwaamheid, politici, polisiekorrupsie, QAnon, ras, regeringsinmenging, SEB, skelms, slaggate, tolpaaie, Trump-ondersteuners, Twitter, uitkomsgebaseerde onderwys, vakbonde, werkloosheid, waterskaarste, xenofobie en ys (die Coke-fabriek is afgebrand en brandewyn is lankal verbied).

Ten slotte, natuurlik ook Zuma en Zweli. En verbied sommer die hele Griekse alfabet ook en ons is verlos van alle verdere virusvariante (goed, ons verloor ook pi, maar opgeweeg teen dié lys plae kan vierkantige wiele mos nie so erg wees nie).

Meer oor:  Verbod  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.